Evangeliese Kerk in Duitsland

Evangelische Kirche in Deutschland
Basiese gegewens
Voorsitter van die Raad:


Heinrich Bedford-Strohm

Praeses van die Sinode:


Irmgard Schwaetzer

Stigtingsjaar: 1945
Lidkerke: 20
Lede: 20,713 miljoen
(soos op 31 Desember 2019)
Posadres:


Herrenhäuser Str. 12
30419 Hannover
Duitsland

Webtuiste: www.ekd.de

Die Evangeliese Kerk in Duitsland (EKD) (Duits: Evangelische Kirche in Deutschland) is 'n federasie van 20 selfstandige Evangeliese landskerke in Duitsland met 14 412 kerkgemeentes (in 2013) en Lutherse, Gereformeerde en Luthers-Gereformeerde geloofsbelydenisse. Die administratiewe hoofkwartier, die Kirchenamt, is in Hannover (deelstaat Nedersakse) gesetel.

Die EKD is in 1945 gestig en het in 1948 sy statuut (Duits: Grundordnung) gekry. Die EKD met sy federale struktuur dien as die oorkoepelende instelling van die 23 lidkerke en behartig hulle gemeenskaplike belange. Die verkose demokratiese bestuursorgane van die EKS is die Sinode, die Raad en die Kerkkonferensie.

Saam met ander Protestantse, Anglikaanse en Ortodokse kerke uit alle Europese lande is die EKD lid van die Konferensie van Europese Kerke (KEK).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search